BOKSAK
PVC Sakke vir Bok Karkasse
Die feit dat jy deur die spinnerak van die internet kon spoorsny tot hier, maak jou beslis ‘n jagter.Ā Jy is ook goed vertroud met die volgende terme: Dooierus, uit die vuis uit, kopskoot, agter die blad, boude en blaaie, 30-nul-kwes, knypkop, sopkoppie, Bosveld, Kalahari, staanrib, plankie steak, biltong, hardekool, korrelwater en natuurlik nou Boksak!
Boksak is die antwoord om jou vleis vars en skoon by jou huis of slagter terug te kry na afloop van jou jag. Kyk gerus na ons produk spesifikasies en lĆŖ aan op die regte produk vir jou behoeftes.
Welkom by Boksak
Die nommer een produk vir
die vervoer van bok karkasse.
Boksak
Vir bokke wat bakkie ry!
BOKSAK IN AKSIE
Gallery
BOKSAK
Produk Spesifikasies
Boksak is ontwerp vir jagters, deur jagters. Dit is ān sak wat waterdig en stofdig is, waarin karkasse (heel of in boude en blaaie) vervoer kan word. Beide die jagter en vleisverwerker baat daarby. Die gesukkel met swart sakke, tafeldoeke en seile is iets van die verlede!
Boksak word vervaardig uit 600GVM PVC, wat swam-weerstandig is. Die sak bestaan uit ān enkellaag PVC, wat deur middel van hoĆ« frekwensie aanmekaar gesweis word. Dit verhoed dat bloed deursypel na plekke waar dit nie skoon gemaak kan word nie, en slegte reuke afgee. Die bodem en kante is 100% waterdig. Bloed kan dus ook nie deurlek na jou voertuig nie.
Die deksel van die sak word op drie sye geheg met ān swaardiens YKK rits. Daar is twee ritssluiters sodat die sak maklik oop en toe gemaak kan word. Elke sak het versterkte ogies op die hoeke met toue wat gebruik kan word om die sak mooi regop te hou terwyl die karkasse gelaai word.
Elke sak word toegerus met vyf velle weggooibare gaas, wat tussen die PVC en karkasse geplaas word om bloederigheid te absorbeer en te verhoed dat die sak smetterig raak.
Wanneer karkasse oor vĆŖr afstande vervoer word, asook gedurende die warmer maande, begin hitte ān rol speel. Elke Boksak word toegerus met ān vel insulasie wat weerskante toe straal. Die insulasie word los tussen die sak en die gaas geplaas, en wanneer die karkasse gelaai is, word dit toegevou oor die karkasse voor die deksel toegerits word. Dit dien dan nie net as insulasie nie, maar beskerm ook die binnekant van jou sak waar skerp bene jou sak moontlik kan beskadig.Ā Die insulasie kan ook na die tyd maklik skoon gemaak word, omdat dit ān los vel is.
Boksak is ontwerp as ān vervoer sak wat stof en waterdig is. Om slegte reuke te vermy en higiĆ«ne te verseker, word geen gedeelte van die sak gestik nie. Daar word dus aangeraai dat die sakke nie rondgedra word met karkasse in nie.
Boksak kan maklik skoon gemaak word met verdunde Sunlight Liquid.Ā Vermy egterĀ skoonmaakmiddels met ān sterk ammoniak-basis.
Boksak het standaard groottes vir enkel kajuit, kajuit en half en dubbel kajuit bakkies. Pasmaak sakke vir bakkies en waentjies kan gemaak word op aanvraag.
Boksak word in drie kleure vervaardig:
Ā Grys
Blou
Bruin
Request a Quote
Teken in op ons Nuusbrief!
Kry promosies en nuwe produkte inligting eerste.
BOKSAK
Kontak Ons
Bel Ons
Braam – 082 924 7271
Marius – 082 781 5352
E-pos OnsĀ
Besoek Ons
3 Tiger Fish Ave,
River East Industrial Park,
Rustenburg, Noordwes, 0299