Jag Boksak – Op soek na n jag sak? Boksak is jou antwoord! Boksak is die nommer een jag sak vervaardiger in die land. Boksak se jag sak is ontwerp vir jagters, deur jagters. Dit is ‘n jag sak wat waterdig en stofdig is, waarin karkasse (heel of in boude en blaaie) vervoer kan word. Beide die jagter en vleisverwerker baat daarby. Die gesukkel met swart sakke, tafeldoeke en seile is iets van die verlede!
Boksak word vervaardig uit 600GVM PVC, wat swam-weerstandig is. Die jag sak bestaan uit ‘n enkellaag PVC, wat deur middel van hoë frekwensie aanmekaar gesweis word. Dit verhoed dat bloed deursypel na plekke waar dit nie skoon gemaak kan word nie, en slegte reuke afgee. Die jag sak se bodem en kante is 100% waterdig, bloed kan dus ook nie deurlek na jou voertuig nie.
Die deksel van die boksak word op drie sye geheg met ‘n swaardiens YKK rits. Daar is twee ritssluiters sodat die boksak maklik oop en toe gemaak kan word. Elke boksak het versterkte ogies op die hoeke met toue wat gebruik kan word om die sak mooi regop te hou terwyl die karkasse gelaai word.
Elke boksak word toegerus met tien velle weggooibare gaas, wat tussen die PVC en karkasse geplaas word om bloederigheid te absorbeer en te verhoed dat die sak smetterig raak.
Wanneer karkasse oor vêr afstande vervoer word, asook gedurende die warmer maande, begin hitte ‘n rol speel. Elke jag sak word toegerus met n vel insulasie wat weerskante toe straal. Die insulasie word los tussen die boksak en die gaas geplaas, en wanneer die karkasse gelaai is, word dit toegevou oor die karkasse voor die deksel toegerits word. Dit dien dan nie net as insulasie nie, maar beskerm ook die binnekant van jou sak waar skerp bene jou sak moontlik kan beskadig. Die insulasie kan ook na die tyd maklik skoon gemaak word, omrede dit ‘n los vel is.
Boksak is ontwerp as ‘n vervoer sak wat stof- en waterdig is. Om slegte reuke te vermy en higiëne te verseker, word geen gedeelte van die karkas sak gestik nie. Daar word dus aangeraai dat die sakke nie rondgedra word met karkasse in nie.
Boksak kan maklik skoon gemaak word met verdunde Sunlight Liquid. Vermy egter skoonmaakmiddels met ‘n sterk ammoniak-basis.
Boksak het standaard groottes vir enkel kajuit, kajuit en half en dubbel kajuit bakkies. Pasmaak sakke vir bakkies en waentjies kan gemaak word op aanvraag.
Boksak word in drie kleure vervaardig:
- Grys
- Blou
- Bruin
Kontak ons gerus op 082 924 7271 of epos ons op dooierus@boksak.co.za of besoek ons Facebook Blad. Kry die pryse en versoek ‘n kwotasie hier.