BOKSAK KARKAS SAK

Price range: R4499,00 through R5499,00

Die Boksak Karkas Sak is ’n robuuste, water- en stofdigte oplossing vir skoon en veilige vervoer van wild. Vervaardig uit swaardiens 600GVM PVC met ’n 100% waterdigte bodem, YKK swaardiens rits en versterkte hoeke. Beskikbaar in verskeie groottes om verskillende bakkies en waentjies te pas.

Description

Die Boksak is ’n robuuste, water- en stofdigte karkas sak wat ontwerp is vir skoon en veilige vervoer van wild.

Gemaak van swaardiens 600GVM PVC met ’n 100% waterdigte bodem, beskerm dit jou voertuig teen bloed en vuil.

Met ’n YKK swaardiens rits, versterkte hoeke en ’n insulasie-vel vir warm weer, is die Boksak die ideale oplossing vir jagters wat ’n praktiese en duursame karkas sak benodig.

Kenmerke:

  • Vervaardig uit 600GVM PVC (swam-weerstandig)

  • Enkellaag PVC met hoëfrekwensie sweiswerk

  • 100% waterdigte bodem en kante

  • Swaardiens YKK-rits op drie sye met dubbele sluiters

  • Versterkte hoeke met toue vir maklike laai

  • Insulasie-vel ingesluit vir lang afstande en warm weer

  • Insulasie geheg met klitsgras vir maklike verwydering en skoonmaak

Additional information

Weight 10 kg
Dimensions 65 × 58 × 15 cm
GROOTTE

ALLROUNDER (1.5m x 1.0m x 0.5m), EXTENDED ALLROUNDER (1.5m x 1.0m x 0.75m), DUBBEL KAJUIT (1.5m x 1.5m x 0.5m), KAJUIT EN ‘N HALF (1.8m x 1.5m x 0.5m), ENKEL KAJUIT (2.0m x 1.5m x 0.5m), LAND CRUISER ENKEL KAJUIT (2.2m x 1.5m x 0.5m), VENTER WAENTJIE 6FT (1.9m x 1.2m x 0.5m), VENTER WAENTJIE 7FT (2.1m x 1.2m x 0.5m)

KLEUR

GRYS, BRUIN